Oor Ons / About Us

Birchleigh is 'n voorstedelike gemeente in die ring van Birchleigh. Ons doel is om gestuurdes van God te wees in die gemeenskap waarin Hy ons geplaas het.

Geskiedenis

Die begeerte tot 'n eie selfstandige gemeente gaan sover terug as 1951. NG lidmate wat toe in Birchleigh gewoon het, was ingeskrewe lidmate van die NG Kerk van Kempton Park (Moedergemeente). 'n Asbesgebou van 15,86m x 6,1m word op 24 Julie 1960 ingebruik geneem en daar word gevra vir afstigting van Kempton Park gemeente. Tydens 'n aanddiens op 16 November 1960 begin die nuwe gemeente met 284 lidmate, 10 ouderlinge en diakens, sonder 'n leraar, pastorie en kerkgebou en 'n gewaarborgde inkomste van R445,70. Op 26-27 November 1966 word die huidige kerkgebou in gebruik geneem met 632 lidmate en 270 kinders teenwoordig.

History

The desire for an independant congregation took shape in 1951. NG members who lived in Birchleigh were enrolled members of the NG Church of Kempton Park (parent church). An asbestos building measuring 15.86m x 6.1m was commissioned on 24 July 1960, and a request was made for the secession from the Kempton Park congregation. During an evening service on 16 November 1960, the new congregation began with 284 members, 10 elders and deacons, without a pastor, manse and church building and with a guaranteed income of R445.70. On 26-27 November 1966 the current church building was used for the first time with 632 members and 270 children present.

Gestuurdes / Sent Out

Groei

Om as gemeente te groei beteken dat ons strewe na geestelike groei nader aan God

Evangelie

Om as gemeente die Woord vreesloos en sonder afwyking te verkondig

Sending

Om as gemeente die voete en hande van Jesus in die gebroke wêreld te wees

Toegerus

Om as gemeente leerbaar te wees as nuwe mense oppad na die ewigeheid

Universeel

Om as gemeente universeel te funksioneer in 'n multikulturele samelewing

Uitleef

Om as gemeente Christenwees te leef

Roeping

Om as gemeente gehoorsaam en soekend te reageer op ons roepingsopdrag

Diensbaarheid

Om as gemeente in vrede en met bereidwilligheid diensbaar te leef

Eenheid

Om as gemeente as dissipels in onderlinge verbondenheid eensgesind te wees

Samelewing

Om as gemeente tale en kulture in 'n gesindheid van liefde en gesprek te omarm

Personeel / Personnel

Susan Moolman

Saakgelastigde / Administrator

Ds. Dean Reiners

Leraar / Minister

Merriam Monareng

Algemene werkster / General worker

Kontak Ons / Contact Us

H/V Oienhoutlaan & Mopaniestraat
Birchleigh
Kempton Park

birchlei@mweb.co.za

011 391 2498

Loading
Your message has been sent. Thank you!