
Welkom by / Welcome to
NG Kerk / Church Birchleigh
Gestuurdes van God in ons gemeenskap
God's sent ones in our community

Oor Ons / About Us
Birchleigh is 'n voorstedelike gemeente in die ring van Birchleigh. Ons doel is om gestuurdes van God te wees in die gemeenskap waarin Hy ons geplaas het.
Birchleigh is a suburban congregation in the Birchleigh circuit. Our goal is to be God's sent ones in the community in which He has placed us.
Die begeerte tot 'n eie selfstandige gemeente gaan sover terug as 1951. NG lidmate wat toe in Birchleigh gewoon het, was ingeskrewe lidmate van die NG Kerk van Kempton Park (Moedergemeente). 'n Asbesgebou van 15,86m x 6,1m word op 24 Julie 1960 ingebruik geneem en daar word gevra vir afstigting van Kempton Park gemeente.
Tydens 'n aanddiens op 16 November 1960 begin die nuwe gemeente met 284 lidmate, 10 ouderlinge en diakens, sonder 'n leraar, pastorie en kerkgebou en 'n gewaarborgde inkomste van R445,70. Op 26-27 November 1966 word die huidige kerkgebou in gebruik geneem met 632 lidmate en 270 kinders teenwoordig.
The desire for an independent congregation took shape in 1951. NG members who lived in Birchleigh were enrolled members of the NG Church of Kempton Park (parent church). An asbestos building measuring 15.86m x 6.1m was commissioned on 24 July 1960, and a request was made for the secession from the Kempton Park congregation.
During an evening service on 16 November 1960, the new congregation began with 284 members, 10 elders and deacons, without a pastor, manse and church building and with a guaranteed income of R445.70. On 26-27 November 1966 the current church building was used for the first time with 632 members and 270 children present.
Gestuurdes / Sent Out
Ons gemeente se missie — Our congregation's mission
Groei / Growth
Om as gemeente te groei beteken dat ons strewe na geestelike groei nader aan God.
Evangelie / Gospel
Om as gemeente die Woord vreesloos en sonder afwyking te verkondig.
Sending / Mission
Om as gemeente die voete en hande van Jesus in die gebroke wêreld te wees.
Toegerus / Equipped
Om as gemeente leerbaar te wees as nuwe mense oppad na die ewigheid.
Universeel / Universal
Om as gemeente universeel te funksioneer in 'n multikulturele samelewing.
Uitleef / Live Out
Om as gemeente Christenwees te leef.
Roeping / Calling
Om as gemeente gehoorsaam en soekend te reageer op ons roepingsopdrag.
Diensbaarheid / Service
Om as gemeente in vrede en met bereidwilligheid diensbaar te leef.
Eenheid / Unity
Om as gemeente as dissipels in onderlinge verbondenheid eensgesind te wees.
Samelewing / Community
Om as gemeente tale en kulture in 'n gesindheid van liefde en gesprek te omarm.
Personeel / Personnel

Ds. Dean Reiners
Leraar / Minister

Susan Moolman
Saakgelastigde / Administrator

Merriam Monareng
Algemene werkster / General Worker
Kontak Ons / Contact Us
Adres / Address
H/V Oienhoutlaan & Mopaniestraat
Birchleigh, Kempton Park
Telefoon / Phone
E-pos / Email
Dienste / Services
08:30 – Afrikaans Erediens
10:15 – English Service